Agricultural Sciences Exam Questions and Answers, High school final essays of Economics

A series of questions and answers related to agricultural sciences, covering topics such as animal nutrition, animal production, and animal health. It includes multiple-choice questions, identification of diagrams, calculations, and short answer questions. The content is suitable for high school students studying agricultural science and provides a comprehensive review of key concepts in the field. Useful for exam preparation and reinforcing understanding of agricultural principles. It also includes diagrams and graphs for better understanding.

Typology: High school final essays

2024/2025

Uploaded on 09/02/2025

onga-matiwane
onga-matiwane 🇿🇦

1 document

1 / 36

Toggle sidebar

This page cannot be seen from the preview

Don't miss anything!

bg1
Vertroulik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
LANDBOUWETENSKAPPE V1
MEI/JUNIE 2025
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
pf3
pf4
pf5
pf8
pf9
pfa
pfd
pfe
pff
pf12
pf13
pf14
pf15
pf16
pf17
pf18
pf19
pf1a
pf1b
pf1c
pf1d
pf1e
pf1f
pf20
pf21
pf22
pf23
pf24

Partial preview of the text

Download Agricultural Sciences Exam Questions and Answers and more High school final essays Economics in PDF only on Docsity!

Vertroulik

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

LANDBOUWETENSKAPPE V

MEI/JUNIE 2025

PUNTE: 150

TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B.

  2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

Lees die vrae aandagtig deur.

Antwoord SLEGS wat gevra word.

  1. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
  2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.
  3. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
  4. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
  5. Skryf netjies en leesbaar. 2025

SS/NSS Vertroulik

1.1.5 Die volgende moet in ag geneem word om stres en aggressiewe gedrag by manlike plaasdiere te vermy:

A B

C

D

Huisves alle manlike plaasdiere in een hok. Plaas manlike diere saam, ongeag hulle liggaamsmassa en ouderdom. Groepeer diere wat aan mekaar bekend is en van dieselfde ouderdom is, bymekaar. Plaas manlike en vroulike diere saam tydens die teelseisoen.

1.1.6 EEN van die volgende is 'n basiese riglyn wat in ag geneem moet word tydens die vervoer van diere:

A B

C D

Dragtige diere moet nie vervoer word nie. Vervoer beeste, skape en bokke saam in 'n vragmotor sonder afskortings. Laai diere lank voor die vertrektyd op. Voer diere onmiddellik voordat hulle gelaai word.

1.1.7 Die … is NIE 'n beginsel van goeie gesondheid om siektes en parasiete by plaasdiere te beheer NIE.

A B C D

ontsmetting van skuilings en voerhouers terughou van mis in die braaikuikenhuis isolasie van diere met aansteeklike siektes gebruik van die regte toedieningstegniek en medikasiedosis

1.1.8 Die volgende is tekens van 'n dier met swak gesondheid:

(i) (ii) (iii) (iv)

Verkleurde urine Verlies aan eetlus en gewig Gladde en blink haarkleed by beeste Isolasie van die res van die kudde

Kies die KORREKTE kombinasie:

A B C D

(i), (ii) en (iii) (i), (iii) en (iv) (ii), (iii) en (iv) (i), (ii) en (iv)

1.1.9 Die volgende kan almal aborsie veroorsaak, behalwe …

A B C D

sterk lakseermiddels. embrio-normaliteit. toksiese elemente in voer. beserings.

SS/NSS Vertroulik

1.1.10 As die tekens van estrus in die oggend waargeneem word, is die beste tyd om kunsmatige inseminasie toe te pas …

A B C D

12 ure later in die middag. 24 ure later die volgende oggend. 36 ure later in die oggend. 48 ure later in die middag. (10 x 2) (20)

1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A , SLEGS B , BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B , beide A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 Slegs B.

KOLOM A KOLOM B

1.2.1 A: Duodenum Die deel waar maksimum absorpsie van B: Jejunum voedingstowwe plaasvind 1.2.2 A: Urea 'n Nie-proteïen-stikstofbestanddeel wat veiliger is om te gebruik omdat dit minder oplosbaar is

B: Biuret

1.2.3 A: Boluspistool Instrumente wat boere vir die kastrasie van B: Doseerspuit plaasdiere gebruik 1.2.4 A: Waterige diarree Sigbare simptome van rondewurm- B: Bottelbek/ besmetting by plaasdiere Dikkeel 1.2.5 A: Embrio-splyting Metode gebruik om embrio's te skei om die aantal nakomelinge tydens embrio- oorplasing te verhoog

B: Embrio-spoeling

(5 x 2) (10)

1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.3.1 'n Maatstaf van die verteerbaarheid van 'n voer wat as 'n persentasie van die droë materiaal uitgedruk word

1.3.2 'n Organisme wat 'n siekte van een dier na 'n volgende oordra

1.3.3 Ovaal projeksies in die baarmoederwande wat vir toekomstige vashegting van die fetus voorsiening maak

1.3.4 Die embrioniese membraan wat 'n sak gevul met vloeistof vorm, wat dien as 'n skokabsorbeerder om die embrio te beskerm

1.3.5 'n Instrument wat uit 'n rektumstif bestaan wat gebruik word om semen te versamel (5 x 2) (10)

SS/NSS Vertroulik

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

2.1 Die diagramme hieronder toon dele van die mae van twee plaasdiere.

DIAGRAM A DIAGRAM B

2.1.1 Identifiseer die diagram ( A of B ) wat die maag van 'n volwasse herkouerdier verteenwoordig. (1)

2.1.2 Regverdig die antwoord op VRAAG 2.1.1. (1)

2.1.3 Noem die funksie van die slukdermgroef. (1)

2.1.4 Identifiseer die deel van die maag in DIAGRAM B wat dieselfde funksie as die proventrikulus in pluimvee verrig. (1)

2.2 Die tabel hieronder verskaf inligting oor die groottes van die mae by skape op verskillende ouderdomme.

OUDERDOM RETIKULORUMEN

(% VAN DIE TOTALE MAAG)

ABOMASUM

(% VAN DIE TOTALE MAAG)

Geboorte 30 60 1 maand 60 30 2 maande 80 20 3 maande 70 15 Volwasse 70 10

Teken 'n gekombineerde staafgrafiek om die grootte van die retikulorumen en die abomasum by skape op verskillende ouderdomme te toon deur die data in die tabel hierbo te gebruik. (6)

Abomasum^ Abomasum

Omasum

Retikulum

Slukdermgroef

SS/NSS Vertroulik

2.3 Die grafiek hieronder toon die samestelling van 'n rantsoen vir plaasdiere.

2.3.1 Dui die tipe plaasdier aan wat NIE uit die rantsoen in die grafiek hierbo voorgestel, voordeel kan trek NIE. (1)

2.3.2 Gee 'n rede om die antwoord op VRAAG 2.3.1 te ondersteun, gebaseer op die samestelling van die rantsoen. (2)

2.3.3 Identifiseer 'n voer in die grafiek hierbo, wat 'n voorbeeld van ELK van die volgende is:

(a)

(b)

Proteïenryke ruvoer

Koolhidraatryke konsentraat

2.4 Bereken die droëmateriaal-inhoud van die voer in kg indien 'n dier 25 kg van 'n voer met 15% vog ingeneem het. Toon ALLE berekeninge. (2)

2.5 'n Boer het hawermeel en vismeel gemeng om 'n rantsoen te berei wat 14% verteerbare proteïen (VP) bevat. Die hawermeel bevat 12% VP en vismeel 28% VP.

2.5.1 Gebruik die Pearson-vierkantmetode om die verhouding te bereken waarvolgens hawermeel en vismeel gemeng sal word. (4)

2.5.2 Bereken die persentasie vismeel in die mengsel. (3)

Die samestelling van 'n rantsoen

Lusern- Sojaboon- Koring- Molasse Ureum hooi oliekoekmeel meel

Voere

Hoeveelhede (kg)

SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

3.1 Die tabel hieronder toon twee boere wat by boerdery-aktiwiteite betrokke is.

BOER A BOER B 'n Boer het een plaaswerker en 58 bokke wat van natuurlike weiding in 'n groot gemeenskaplike weiveld afhanklik is. Bokke word in die aand op kraal gehou en kry water uit 'n stroompie.

'n Boer het 540 skape op 30 ha grond, met 9 werkers, 2 boorgate, 2 voerstore, 'n voerkraal en 'n skaaphanteringsfasiliteit. Die boer koop voer en produseer ook lusern.

3.1.1 Identifiseer die produksiestelsel wat deur elk van die volgende toegepas word:

(a)

(b)

BOER B

BOER A

3.1.2 Gee TWEE redes in die tabel hierbo om die antwoord op VRAAG 3.1.1(a) te ondersteun. (2)

3.1.3 Noem TWEE faktore wat BOER A moet oorweeg om die produksie van die plaasdiere te verhoog. (2)

3.2 Die prent hieronder toon 'n behuisingsfasiliteit vir varke.

3.2.1 Identifiseer die letter ( A tot C ) in die prent hierbo wat die struktuur, toerusting of materiaal verteenwoordig wat die BESTE by elk van die volgende stellings sal pas:

(a)

(b)

(c)

Beskerm varke gedurende die dag teen bestraling

Hou varke in die aand droog en warm

'n Area waar varke in die dag vrylik kan rondbeweeg

A

B (Strooi)

C

SS/NSS Vertroulik

3.3 Die prent hieronder toon die hantering van 'n kuiken.

3.3.1 Identifiseer die rede waarom die kuiken soos in die prent hierbo hanteer word. (1)

3.3.2 Noem die gereedskap wat in die prent hierbo gebruik word. (1)

3.3.3 Dui TWEE basiese riglyne vir die hantering van pluimvee aan. (2)

3.3.4 Noem TWEE tipes toerusting of gereedskap wat deur boere gebruik word om plaasdiere te bedwing. (2)

3.4 Dui die metodes aan om medikasie toe te dien wat op ELK van die stellings hieronder van toepassing is:

3.4.1 Behandeling van uitwendige parasiete deur plaasdiere in 'n mengsel van water en plaagdoder te dompel (1)

3.4.2 Toediening van vloeibare medikasie deur die bek om inwendige parasiete te behandel (1)

3.4.3 Die toediening van middels om infeksies te voorkom wat deur retensie van die plasenta kan ontstaan (1)

3.4.4 Behandeling van wonde op die vel van 'n plaasdier (1)

3.5 Dieresiektes kan gediagnoseer word deur die simptome waar te neem of deur die liggaamsvloeistowwe in 'n laboratorium te toets.

3.5.1 Noem die dieresiekte wat deur ELK van die volgende stellings beskryf word:

(a) Swelling in die laer liggaamsarea, 'n bloederige afskeiding uit die liggaamsopeninge, waggelgang, bewe, asemnood en stuiptrekkings (1)

(b) Veroorsaak 'n hoë temperatuur by diere gevolg deur die ontwikkeling van blasies, hoofsaaklik in die mond en op die pote (1)

(c) Word veroorsaak deur enkelsel-parasiete wat lei tot waterige diarree, slym, bloed in die keutels ('droppings') en witterige smet om die uitwendige opening (1)

(d) 'n Siekte wat die vel affekteer en harde roofmassas veroorsaak wat van die vel, saam met die vag, oplig soos die siekte groei (1)

SS/NSS Vertroulik

3.7 Die tabel hieronder toon verskillende parasiete wat plaasdiere affekteer.

PARASIET A PARASIET B PARASIET C Lê eiers op wol wat met mis bevuil is en ook op oop wonde

Veroorsaak irritasie van die sinusse, nies en erge nasale afskeiding

Veroorsaak velirritasie met erge jeuk wat brandsiekte veroorsaak

3.7.1 Klassifiseer die parasiete in die tabel hierbo. (1)

3.7.2 Identifiseer PARASIET A en PARASIET C. (2)

3.7.3 Noem EEN bestuurspraktyk om infestasie deur PARASIET A te voorkom. (1)

3.8 Ureumvergiftiging vind plaas wanneer diere te veel daarvan inneem.

3.8.1 Noem EEN simptoom van ureumvergiftiging by plaasdiere. (1)

3.8.2 Dui 'n metode aan wat die boer kan gebruik om ureumvergiftiging by plaasdiere te behandel. (1) [35]

SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE

Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.

4.1 Die diagram hieronder toon die reproduktiewe stelsel van 'n manlike plaasdier.

4.1.1 Noem struktuur A en D. (2)

4.1.2 Skryf die letter neer wat die deel verteenwoordig wat vir ELK van die volgende funksies verantwoordelik is:

(a) Afskeiding van 'n melkerige alkaliese mukus wat die kenmerkende reuk aan semen gee (1)

(b) Produksie van manlike geslagshormone (1)

(c) Verskaf energie en meer vloeistof om die volume van semen te vermeerder (1)

(d) Stoor van spermatosoë tot volwassewording (1)

(e) Regulering van die temperatuur van die testes (1)

4.1.3 Noem TWEE faktore wat steriliteit by bulle veroorsaak. (2)

Retraktor- spier Semen- buisies

SS/NSS Vertroulik

4.4 Die diagram hieronder toon die reproduktiewe tegniek wat by vroulike diere plaasvind.

4.4.1 Identifiseer die reproduktiewe tegniek wat in die diagram hierbo voorgestel word. (1)

4.4.2 Noem TWEE voordele van die reproduktiewe tegniek wat in VRAAG 4.4.1 geïdentifiseer is. (2)

4.4.3 Noem EEN basiese vereiste vir die versameling van semen. (1)

4.4.4 Noem EEN eienskap van hoëkwaliteit-semen. (1)

Pistolet

Liggaam van uterus

SS/NSS Vertroulik

4.5 Die diagram hieronder toon 'n tipe kloning.

4.5.1 Identifiseer die tipe kloning in die diagram hierbo. (1)

4.5.2 Dui die doel van die kloning aan wat in VRAAG 4.5.1 uitgevoer word. (1)

4.5.3 Noem die proses wat tot sel A aanleiding gegee het. (1)

4.5.4 Gee 'n rede vir die proses in VRAAG 4.5.3 genoem. (1)

4.6 Die prent hieronder illustreer 'n stadium van kalwing.

4.6.1 Dui die stadium van kalwing in die prent hierbo aan. (1)

4.6.2 Noem die stadium wat op die een in VRAAG 4.6.1 volg. (1)

4.6.3 Noem EEN faktor wat dit vir die koei moeilik sal maak om in die stadium, genoem in VRAAG 4.6.2, te kom. (1)

4.6.4 Noem EEN kalf-verwante probleem wat met die normale kalwingsproses kan inmeng. (1)

Skenker Somatiese liggaamsel

Verwyderde kern

In vitro- blastosist- ontwikkeling

Embrioniese stamselle Stamselle in kultuur

Agricultural Sciences/P1 18 DBE/May/June 2025 SC/NSC Confidential

Copyright reserved

4.7 The graph below indicates milk production in a cow.

4.7.1 Indicate what is represented by EACH of the following in the graph above:

(a)

(b)

Curve A to C

Point B

4.7.2 Determine from the graph the number of days during which the animal will be producing milk. (1)

4.7.3 Explain the relationship between milk production and butterfat content in week 8. (2) [35]

TOTAL SECTION B: 105 GRAND TOTAL: 150

Agricultural Sciences/P1 17 DBE/May/June 2025 SC/NSC Confidential

Copyright reserved Please turn over

4.5 The diagram below shows a type of cloning.

4.5.1 Identify the type of cloning in the diagram above. (1)

4.5.2 Indicate the purpose of performing the cloning in QUESTION 4.5.1. (1)

4.5.3 Name the process that has resulted in cell A. (1)

4.5.4 Give a reason for the process named in QUESTION 4.5.3. (1)

4.6 The picture below illustrates a stage of parturition.

4.6.1 Indicate the stage of parturition in the picture above. (1)

4.6.2 Name the stage that follows the one in QUESTION 4.6.1. (1)

4.6.3 State ONE factor that will make it difficult for the cow to get into the stage named in QUESTION 4.6.2. (1)

4.6.4 Name ONE calf-related problem that may interfere with the normal parturition process. (1)